57 renosters tot dusver gestroop

Nog twee renosters is in die land gestroop. Die omgewingsministerie het bevestig dat die twee karkasse Maandag gevind is. Die woordvoerder van die ministere, Romeo Muyunda sê die totaal wat tot dusver nou op 57 staan is hoër as verlede jaar en die ministerie werk op die oomblik aan ingrypings.