Saak van 39 olifanttande tot Februarie uitgestel
Drie mans Nyambe Calvin Matomola, John Mwelwa en Nziye Lusinyize het in die Katima Mulilo-landdroshof verskyn nadat hulle in besit van 39 olifanttande gevind is. Matomola se saak is tot 14 Februarie uitgestel, terwyl Mwelwa en Lusinyize se saak tot 13 Februarie uitgestel is, albei vir verdere ondersoek. Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie, het vroeër gesê Matomola is saam met sewe ander Zambiese burgers in besit van 24 olifanttande gevind met Mwelwa en Lusinyize wat in besit van 15 olifanttande by Namandumo-dorpie in die Malengalenga-omgewing gevind is. Volgens Muyunda is die operasie deur intelligensie gelei in die agtervolging van ‘n sindikaat van Zambiese burgers wat besig was met transnasionale stropery van olifante in die naburige Botswana, wat die Zambezi-streek as deurgang gebruik.