SA wysig wetgewing om nie op gryslys te land  

Suid-Afrika sal met twee wetswysigings verhinder dat hy op ʼn gryslys geplaas word. Dit nadat President Cyril Ramaphosa wysigingswetsontwerpe Teen Geldwassery en die Bekamping van die Finansiering van Terrorisme onderteken het, asook die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terrorisme en verwante aktiwiteite. Die wysiging van hierdie wette is gedoen om die land se gebreke in sy wetgewing met betrekking tot geldwassery en die finansiering van terrorisme aan te spreek. Volgens die Nasionale Tesourie sal hierdie wette Suid-Afrika help om in lyn te kom met internasionale standaarde.