Daan Strauss oorlede

‘n Bekende in Namibiese besigheidskringe en die sekretaris generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, Daan Strauss, is ná ‘n lang siekbed oorlede. Sy sterfte is vanoggend is deur die woordvoerder van die vereniging, Shona Ngava, bevestig. Strauss het sedert Januarie 2020 as sekretaris-generaal van die vereniging gedien en was ook in die verlede by PwC Namibia, Institute for Management and Leadership Training en die NBC werksaam. Huldeblyke en boodskappe van medelye stroom op sosiale media in vir Strauss wat ook ‘n liefhebber van klassieke musiek was.