AfriForum vra Menseregte-kommissie oor Malema-saak  

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie uitgedaag omdat hulle nie gereageer het na hul onderneming om die leier van die EFF, Julius Malema oor haatspraak voor die hof te daag nie. Die veldtogbeampte vir strategie en inhoud van Afriforum, Ernst van Zyl, sê AfriForum het in ‘n prokureursbrief geëis dat die kommissie skriftelik terugvoer gee oor of Malema die verlangde verskoning verskaf het en of die kommissie ‘n finale besluit geneem het of hy die gelykheidshof moet nader.