SA wil van gryslys af bly

Suid-Afrika sal na verwagting maatreëls bekend maak wat getref is om te voorkom hy word op die gryslys geplaas. Die land moet die taakspan vir Tussenregerings- Finansiële Aksie oortuig dat hy sy wette oor geldwassery en die finansiering van terrorisme verbeter het. Verskeie wetgewende maatreëls is die afgelope maande ingestel om die aangeleentheid reg te stel. Die ekonoom Azar Jammine sê as die land op die gryslys geplaas word, sal dit plaaslike maatskappye se sake met internasionale vennote duurder maak en die land se reputasie skaad.