Sprinkaanplaag kom weer voor in Noord-Kaap

Die Suid-Afrikaanse landbouminister Thoko Didiza het Kumba Iron Ore se aanbod verwelkom om sprinkane in die Noord-Kaap te beheer. Die sprinkaanplaag sal na verwagting voortduur en ‘n verwoestende uitwerking op dele van die provinsie hê. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die mynmaatskappy sal help met ‘n helikopterdiens om dele van die ystererts-uitvoerdeurgang te spuit, asook grond wat seisoenaal deur sprinkane geteister word. Die bystand sluit die verkryging van plaagdoders in.