Geingob veroordeel opspraakwekkende Mosambiek-video

Namiibiese President Hage Geingob het as voorsitter van die SAOG Orgaan oor Politiek, Verdediging en Sekuriteit bevestig ondersoek word ingestel oor die onstellende video in verband met die SAOG-sending in Mosambiek. In die video-greep wat op sosiale media sirkuleer, gooi soldate liggame van oorledenes in ‘n hoop brandende rommel.  Geingob beklemtoon dat die SAOG die dade wat in die video weerspieël word, ten sterkste veroordeel. Hy sê sodra die ondersoeke afgehandel is, sal die SAOG toepaslike maatreëls tref, in ooreenstemming met die internasionale reg van gewapende konflik.