SA wil sekswerk in 2024 wettig maak 

Die Suid-Afrikaanse departement van maatskaplike ontwikkeling sê reëlings word getref om sekswerk teen 2024 wettig te maak. Dit volg nadat sekswerkers in die Noord-Kaap gekla het die vertraging in die proses ontneem hul van hul reg op ‘n bestaan. Daar is tans ongeveer 120 000 sekswerkers in Suid-Afrika. Die adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, het sekswerkers en burgerlike organisasies in Kimberley toegespreek en sê die wetsontwerp sal aan die kabinet ter tafel gelê en dan oopgestel word vir openbare kommentaar.