EFF-leier onskuldig aan aanranding 

Die landdroshof in Randburg in Gauteng het beslis dat die EFF-leier, Julius Malema, en die parlementslid, Mbuyiseni Ndlozi, nie skuldig is aan aanranding nie. Die twee is daarvan beskuldig dat hulle op 14 April 2018 vir luitenant-kolonel Johannes Venter in die Fourways-begraafplaas aangerand het op Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis. Landdros Leiland Poonsamy het in die uitspraak gesê daar was teenstrydighede in die klaer se getuienis oor wat op die dag gebeur het.