SA wil klimaatsverandering bekamp

Die Suid-Afrikaanse Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, sê stappe word gedoen om seker te maak Suid-Afrika dra sy deel by tot wêreldwye pogings om klimaatsverandering te bekamp. Daarom het die regering die nuwe presidensiële koördineringskommissie vir klimaatsverandering gestig. Sy het haar departement se 2021/2022-begroting van 8,7 miljard Namibiese doller gelewer en beklemtoon dat natuurlike hulpbronne beskerm moet word terwyl daar op ekonomiese groei ná Covid-19 gefokus word. Creecy sê ‘n gesonde omgewing moet vry wees van afval-besoedeling en dat die 2020 nasionale afvalbestuurstrategie se instelling voorkeur kry.