SA opposisieparty kap omgewingsbegroting

Die Vryheidsfront Plus sê die toegewese begroting van 8,7 miljard Namibiese doller van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing is ‘n skamele 0,6 persent van die Suid-Afrikaanse regering se totale 2021/2022-begroting en hierdie toewysing is heeltemal te min. ‘n VF Plus-parlementslid, Wynand Boshoff, sê toekomstige geslagte se erfenis verdien ‘n groter belegging. Hy sê Suid-Afrika se natuurskoon en bewaringsgebiede verdien miljarde deur toerisme. Daarom moet die belange van kleinskaalse rolspelers en kommersiële ondernemings in hierdie sektor voorkeur kry.