SA Weermag ontplooi na brandpunte in KwaZulu-Natal

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is ontplooi na brandpunte in KwaZulu-Natal. Die polisie het reeds 304 verdagtes in hegtenis geneem in die provinsie. Die weermag is ontplooi om wetstoepassers te help om wet en orde te herstel te midde van plundering en gewelddadige versetoptrede in dele van die land. Altesaam 2 500 soldate is ook ontplooi na Gauteng en KwaZulu-Natal. Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê dit is tans nog nie nodig om ‘n noodtoestand in Suid-Afrika te verklaar nie.