Man in Noordwes vas oor ietermagôs

‘n Man het in die landdroshof in Ganyesa in die Noordwes-provinsie verskyn weens die besit van ietermagôs ter waarde van 60 000 Namibiese dollar. Die 42-jarige Onneile Monnanyane is in ‘n nedersetting by Morokweng aangekeer. Dit het gevolg na die spoedige optrede van ‘n multidissiplinêre span bestaande uit lede van die honde-eenheid en natuurbewaringsbeamptes. ‘n Suid-Afrikaanse polisiewoordvoerder, Adéle Myburgh, sê borgtog van 2 000 Namibiese dollar is aan Monnanyane toegestaan en sy volgende hofverskyning is op die derde September.