Internasionale Lughawe Hosea Kutako: Meer passasiers in Mei 2021 as vorige jaar

Salomo Hei, ekonoom van High Economic Intelligence, sê die Internasionale Lughawe Hosea Kutako het ondanks die enorme afname van passasiers sedert die Covid-inperkings, ‘n toename van passasiers tussen Mei 2020 en Mei vanjaar gehad. Die aantal passasiers wat arriveer het, het vanaf 381 in Mei verlede jaar tydens die aanvanklike Covid-inperking tot 11 217 in Mei vanjaar toegeneem. Hei verduidelik die statistieke aan Kosmos 94.1 Nuus.