SA wapenwet sal ook jagters raak

‘n Nuwe Suid-Afrikaanse wysigingswetsontwerp wat uitgelek is, beveel aan dat Suid-Afrikaners nie wapenlisensies vir die doeleindes van selfverdediging mag bekom nie. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Beroepsjagtersvereniging, Dries van Coller, sê die voorstelle sluit ook wysigings in wat jagters en sportskuts raak. Hy is bekommerd dat die nuwe voorstelle jagters ernstig sal kortwiek: