Katjavivi doodstil oor volksmoord

Die Speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi het kritiek uitgelok toe hy weier om kommentaar te lewer oor die volksmoord reparasies van 19 miljard Namibiese dollar. ‘n Ooreenkoms is tussen die Namibiese en Duitse regerings beklink. Katjavivi het aan media gesê die eerste minister, Saara Kuugongelwa Amadhila sal volgende week, wanneer die parlement sy bedrywighede hervat, die aangeleentheid aanspreek. Daar is menings uitgespreek dat Katjavivi, een van die mees senior wetgewers in die land en ook Herero-sprekend, standpunt moes inneem. Hy het in die verlede ook geweier om die volksmoord-kwessie aan te spreek.