SA vrouhokkiespan ly derde nederlaag by FIH-nasiesbeker

Hokkie: Suid-Afrika se vrouespan het hulle derde agtereenvolgende nederlaag gely toe hulle op Estadio Betero in Spanje 2-nul teen Indië verloor het in hulle laaste Groep B-kragmeting van die FIH-nasiesbeker. Indië is onoorwonne na drie wedstryde terwyl hulle ook die wedstryd teen die jong Suid-Afrikaanse span oorheers het. Die verdedigers Deep Grace Ekka en Gurjit Kaur het met doele uit die strafhoek geslaag. Indië kom vandag in die halfeindronde teen Ierland te staan terwyl Suid-Afrika en Italië in die vyf-tot-agt-gleuf se uitklopwedstryd sake sal uitspook.