SA verwag rekord-mielie-oes, Namibië s’n laer

Suid-Afrikaanse mielieboere verwag ‘n verhoging van 4,65 persent in die 2022-23-oes vergeleke met die vorige seisoen. Die Oesskattings-komitee se vierde somer-oesvoorspelling beraam die oes sal 16,19 miljoen ton wees, teenoor 15,47 miljoen ton verlede seisoen. Die oes sal na raming 8,54 miljoen ton wit mielies vir menslike gebruik insluit, en 7,65 miljoen ton geel mielies wat hoofsaaklik in veevoer gebruik word. Op plaaslike bodem lyk oeste op droëland nie so goed nie weens die swak en sporadiese reënseisoen. Die vooruitskatting is sowat 22 000 ton wit mielies, wat laer is as verlede jaar, maar vir besproeiings-produseerders lyk dit goed met die oesskatting op sowat 61 000 ton.