Vakbondmand reageer heftig op Namfisa se Fima-mening

‘n Vakbondleier het sy heftige reaksie gegee op Namfisa wat gevra vir die skeiding van ‘n omstrede pensioen-bewaringsklousule van die Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima. Namfisa se uitvoerende hoof Simataa Matomola, het by die Fima raadplegende en oorsigwerksessie op Swakopmund beklemtoon dat op bewarings-regulasies gefokus moet word. Volgens hom sal hierdie skeiding toelaat dat elke stel regulasies onafhanklik aangespreek en verfyn word, wat ‘n meer doeltreffende uitvoering en implementering van Fima moontlik maak, terwyl dit terselfdertyd toelaat dat die bewarings-regulasie omvattend hersien word. Kosmos 94.1 Nuus het met die deurwinterde vakbondman Job Muniaro gesels gepraat.