Nandi-Ndaitwah op amptelike besoek aan Venezuela

Die Namibiese adjunk-premier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbo Nandi-Ndaitwah, sluit vandag haar besoek in Caracas, Venezuela af. Sy was sedert 18 Desember in Venezuela op ‘n amptelike besoek op uitnodiging van die land se minister van buitelandse sake, Carlos Tortosa. Die ministerie van internasionale betrekkinge sê in ‘n verklaring dat die amptelike verbintenisse bilaterale samewerking op gebiede soos petroleum en energie, landbou en mynbou bespreek het. Die twee lande het verdere maniere ondersoek om saam te werk op nuwe gebiede soos laekoste-behuising, asook kuns en kultuur.