Akkerbouraad bedank NSA vir korreksie

Die Akkerkbouraad het gereageer op die Namibiese Statistieke Agentskap wat erken het dat hulle ‘n fout geïdentifiseer het met betrekking tot die Julie Handelstatistiek Bulletin wat op Dinsdag, 6 September vrygestel is. Die verslag het aangedui dat Namibië tamaties ter waarde van 24,6 miljoen Namibiese dollar gedurende daardie maand ingevoer het. Die korrekte inligting is dat Namibië tamaties ter waarde van 24,6 miljoen dollar uitgevoer het, en tamaties ter waarde van 200 000 dollar ingevoer het. Die hoofbestuurder van tuinbou en akkerbou by die Akkerbouraad van Namibië, Gilbert Mulonda bedank die agentskap vir die korreksie.