SA verskerp veiligheid by hoëronderwys-instellings

Die Suid-Afrikaanse departement van hoër onderwys en opleiding sê ‘n nasionale taakmag gaan aangestel word om op veiligheid en sekuriteit by hoëronderwys-instellings te fokus. Minister Blade Nzimande het die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap besoek ná ‘n reeks sluipmoorde en dreigemente teen personeel en die visekanselier, Sakhele Buhlungu. Nzimande sê veiligheid by instellings van hoër onderwys is een van die departement se prioriteite.