Pres. Biden las ondersoek na IT-probleme lugverkeer kniehalter

Amerikaanse President Joe Biden het die departement van vervoer aangesê om die IT-onderbreking te ondersoek wat veroorsaak het dat binnelandse vlugte reg oor die land Woensdagoggend tydelik gestaak moes word. Dit was weens probleme met die federale lugvaart-administrasie se rekenaars wat vlieëniers in kennis stel van moontlike gevare op vlugroetes. Meer as 5 800 vlugte na en van Amerika is vertraag en meer as 800 gekanselleer. Die Withuis sê daar was geen teken van ‘n kuber-aanval nie.