Olushandjadam in Noorde is 14,1% vol

Hoewel daar nie genoeg reënval in die noordelike dele van die land was nie, bly die watersituasie normaal ná die voltooiing van die Omahenene-Olushandja-waterkanaal in Desember verlede jaar. Die 150 kilometer lange kanaal verskaf water vanaf die Cunene-rivier by die Caluequedam in suidelike Angola na die Olushandja-dam en die Oshakati-watersuiweringsaanleg. Die kanaal verskaf water aan Namibië se noordelike streke. Die Olushandja-dam is 14,1 persent vol. Dié kanaal is nie net gebou om drinkbare water aan die Noorde-inwoners te verskaf nie, maar ook om voorsiening te maak vir besproeiings-landbouproduksie en vee. Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Nehemia het ook inwoners in die Noorde teen vloede gewaarsku.