SA-verpleërs ruk op oor werksomstandighede

Die Suid-Afrikaanse verpleegkunde-organisasie Denosa in die Tshwane-streek gaan vandag saam met sy nasionale studentebeweging na die provinsiale distrikskantore van die Departement van Gesondheid opruk oor die uitdagings wat verpleegpersoneel in die gesig staar. Nathaniel Mabelebele van Denosa sê sommige van die uitdagings sluit in ‘n ernstige tekort aan verpleegpersoneel en toerusting in klinieke, asook voortdurende onderbrekings in watertoevoer na klinieke. Hy sê student-verpleërs ondervind ook probleme, insluitend die negatiewe impak van ‘n beursskema in die opleidingstelsel vir verpleegkundiges: