Opul sal verhoogde produksie staak as reserwes vrygestel word

Opul se Ekonomiese Kommissieraad sê dat sou olie-reserwes in lande soos die VSA, Japan, China, Suid-Korea en Indië vrygestel word, sal dit surplusse regoor die wêreld veroorsaak. Die vrystelling van die reserwes is deur die Amerikaanse President Joe Biden voorgestel en aangedryf om die olieprys en inflasie af te dwing. Maar volgens Opul, sal hy sy beplande verhoogde produksie in Januarie kanselleer as die reserwes vrygestel word. Opul sê die surplusse sal 1,1 miljoen vate daagliks in Januarie bereik en 2,3 miljoen vate daagliks in Februarie. Opul vergader op 1 en 2 Desember om te besluit of nog 400 000 ekstra vate daagliks bygesit moet word.