Europa is weer Covid-brandpunt

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Europa is weereens die brandpunt van die koronavirus-pandemie. Meer as 60 persent van al die gevalle en Covid-19-sterftes wat verlede week wêreldwyd aangemeld is, was in Europa. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê net die blote aantal gevalle bring onvolhoubare druk op gesondheidstelsels en oormoeg gesondheidswerkers mee. Hy het ‘n beroep op regerings oor die hele wêreld gedoen om nie net op entstowwe staat te maak om die toename in Covid-19-gevalle aan te pak nie: