SA Verkiesingskommissie begin stembrief-opvoedingsveldtog

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika gaan ‘n stembrief-opvoedings-veldtog in provinsies regoor die land van stapel stuur. Die uitvoerende hoof van die OVK, Sy Mamabolo, sê die veldtog het ten doel om kiesers op te voed oor die belangrikheid daarvan om die rol van die stembrief en hoe dit werk, te verstaan. Die veldtog sal verskillende middels gebruik, insluitend mediakanale en deur-tot-deur-veldtogte, om ‘n wye gehoor te bereik.