Effense styging in noordelike riviere, Oranjerivier daal

Die Okavangorivier by Rundu het met 5cm oor die naweek gestyg na 5,62m vanoggend, volgens die Namibiese Hidrologiese Dienste. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het ook effe gestyg vanaf 1,63m tot 1,65m. Die Kunenerivier by Ruacana vloei effe swakker teen 301,8 kubieke meter per sekonde, maar dis steeds amper dubbel die vloei van dieselfde tyd verlede jaar. Die Oranjerivier het egter heelwat gedaal en het vanoggend 73cm by Blouputs gemeet en 1,06m by Sendelingsdrift.