SA verdedigingsminister sê SA Weermag is altyd gereed

Die Suid-Afrikaanse minister van verdediging, Thandi Modise, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is gereed om wetstoepassingsagentskappe te ondersteun om enige bedreiging vir die sekerheid en stabiliteit van die land, die hoof te bied. Volgens Modise sal die SANW steeds op bystand wees, ter ondersteuning van die polisie, om alle nasionale sleutelpunte, asook die ekonomiese korridors van die land, teen ontwrigting en blokkades te beskerm.