SA verbruikersprysinflasie styg in September met vyf persent

Die jaarlikse verbruikersprysinflasie in Suid-Afrika was in September vyf persent, wat effens hoër is as die 4,9 persent in Augustus. Statistieke Suid-Afrika sê dit is die hoogste in vier maande. Sommige ekonome voorspel die Reserwebank se monetêre-beleidskomitee kan moontlik rentekoerse met 25 basispunte verhoog wanneer hulle op 18 November vergader. Nog ‘n skerp styging in brandstofpryse volgende maand sal verdere druk op inflasie plaas.