Gesondheidsowerhede in Engeland wil sommige Covid-beperkings weer instel

Die Nasionale Gesondheidsdiens-konfederasie in Engeland sê sommige Covid-beperkings moet weer dringend ingestel word omdat gevalle daagliks skerp toeneem. Dit sluit in verpligte gesigsbedekkings in oorvol en geslote ruimtes. Daaglikse gevalle het die afgelope week tot bo 40 000 geklim terwyl die getal pasiënte wat in hospitale toegelaat word weekliks met tien persent styg. Altesaam 223 sterftes is aangemeld, wat die hoogste is sedert Maart. Die minister vir sake, Kwasi Kwarteng, het egter gesê hy wil nie verdere inperkings hê of die swaar verdiende heropening van die ekonomie in gevaar stel nie.