Bewys van inenting nie vereiste om in SA te stem

Jy mag stem in Suid-Afrika, of jy ingeënt is of nie. Dit is volgens die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo. Hy het gesê ‘n bewys van inenting word nie vereis wanneer Suid-Afrikaners op die eerste van volgende maand in die plaaslike regeringsverkiesing gaan stem nie.

Mamabolo het ook genoem opwip-inentingspersele sal beskikbaar wees vir mense wat hulle op stemdag wil laat inent.