SA-verbruikers voel die knyp met vragmotoraanvalle

Die Padvragvereniging in Suid-Afrika sê die nood begin druk by verbruikers weens aanvalle op vragmotors regoor die land. Die vereniging het sy kommer uitgespreek oor die voortgesette gewelddadige aanvalle op logistieke voertuie. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Gavin Kelly, sê die aanvalle sal op die langtermyn ʼn uitwerking op die ekonomie hê. Volgens Kelly speel vragvervoerdienste ‘n beslissende rol in die beweging van goedere en dienste: