Ruto kanselleer brandstof-subsidies

Kenia het subsidies op brandstof geskrap ‘n dag nadat die nuwe president, William Ruto, gesê het subsidies is onvolhoubaar. Van die kern uitdagings waarmee Ruto te kampe het, sluit in om die hoë koste van brandstof en voedsel in Oos-Afrika se sterkste ekonomie te verlaag, terwyl hy worstel met subsidiemaatreëls wat beleidmakers waarsku die land se staatskas kan uitput. Ruto sê die subsidies is duur en geneig tot misbruik. Kort na sy aanmerkings het die Energie- en Petroleumreguleringsowerheid nuwe, hoër brandstofpryse vasgestel vir petrol, diesel en paraffien, wat algemeen deur baie huishoudings gebruik word. Petrol het met 13 persent gestyg, diesel met 18 persent en paraffien met 16 persent.