SA-verbruikers gewaarsku oor Manicaa-aanlyn aankope

Die Nasionale Verbruikerskommissie waarsku Suid-Afrikaanse verbruikers teen handel met Manicaa, ‘n aanlyn-swendelary wat voorgee om ‘n aanlyn-sakeonderneming te wees. Dit maak daarop aanspraak om Suid-Afrika se beste en leidende e-handelsmaatskappy te wees en verkoop weelde-handelsmerk artikels soos kombuisware, elektronika en klere. Die woordvoerder van die kommissie, Phetho Ntaba, sê hulle het verskeie klagtes van verbruikers ontvang wat aanvoer hulle het goedere van Manicaa gekoop en het dit nie ontvang nie, of die items was verkeerd of beskadig: