Sperdatum vir ECF-opgawes is vandag

Die Namibiese Landbou-unie herinner lede dat vandag die laaste dag vir die indiening van hul jaarlikse werknemersvergoedingsfonds aan die Maatskaplike Voorsorgkommissie vir die 2022-23 boekjaar is. Hierdie beseer-aan-diens-dekking is verpligtend ten opsigte van alle werknemers met ’n jaarlikse salaris van 81 300 Namibiese dollar of minder. Binne 30 dae nadat die kommissie die opgawes ontvang het, sal hulle dan ‘n faktuur aan die werkgewer uitreik wat dan weer binne 30 dae vanaf die aanslagdatum betaalbaar is. Die kommissie versoek werkgewers wat nie hul aanslae binne 30 dae ontvang nie, om navraag by hul kantore te doen. Hulle versoek ook werkgewers om seker te maak dat hul loonopgawes van vorige jare ingedien en dat hul aanslae op datum betaal is.