Dit gaan reeds beter met die pous

Die Vatikaan het aangekondig pous Franciskus sterk goed aan in die Gemelli-hospitaal nadat hy Woensdag opgeneem is weens respiratoriese probleme. Die hospitaal het ook hartprobleme en longontsteking uitgesluit. ‘n Woordvoerder, Matteo Bruni, sê dokters gaan voort met die 86-jarige se behandeling. Bruni sê verpleegkundiges is optimisties dat pous Franciskus betyds vir die Palmsondag-mis ontslaan sal word. Die Argentynse pous het vroeër hierdie maand tien-jaar as hoof van die Katolieke Kerk gevier.