Britse pendelaars steeds gestrand weens staking van spoorwegwerkers

Britse pendelaars is gewaarsku dat spoordienste in die land steeds deur ‘n salaris-staking ontwrig word. Duisende spoorwegwerkers het vandag ‘n staking oor lone en werksomstandighede hervat. Die regering het pendelaars gemaan om slegs van spoordienste gebruik te maak indien daar geen alternatief is nie. Die stakings het in die middel van Desember verlede jaar begin, oor Kersfees voortgegaan, en gaan nog voortduur. Die helfte van die spoorwegnetwerk nie in bedryf is nie.