Swapo-kandidaat wen in tussenverkiesing, IPC tweede

Swapo se kandidaat het in die Moses //Garoeb-kiesafdeling in die hoofstad se tussenverkiesing geseëvier. Volgens die Verkiesingskommissie van Namibië het Stephanus Ndengu van Swapo 2 970 stemme gekry, gevolg deur die Independent Patriots for Change se Moses Mwandingi se 1 270 stemme en die NEFF se Paulus Nakale se 267 stemme. Vyf kandidate het gestaan, waarvan twee onafhanklike kandidate was. Slegs 4 822 kiesers het hul kruisies gaan trek, waarvan 23 stembriewe bedorwe was.