SA suidelike witrenosters na DRK verskuif

Sestien suidelike witrenosters is in die Demokratiese Republiek van die Kongo vrygelaat as deel van pogings om die bedreigde spesie in die gebied te hervestig. Die renosters is van ‘n privaat natuurreservaat in Suid-Afrika na die Garamba Nasionale Park in die noordooste van die DRK vervoer. Die laaste noordelike witrenoster in die gebied is in 2006 uitgewis. Bewarings-owerhede sê pogings om die spesie te red het te laat gekom, maar die suidelike witrenoster is die naaste genetiese alternatief. Konflik en stropery in die DRK het tot ‘n skerp afname in wildbevolkings gelei.