Nóg ‘n vermeende kinderverkragter nie gearresteer

Die Namibiese polisie in die Omusati-streek ondersoek ‘n saak waarin ‘n veiligheidswag van onbekende ouderdom na bewering ‘n 14-jarige minderjarige meisie verkrag en swanger gemaak het. Daar word beweer dat die man by verskeie geleenthede die minderjarige meisie verkrag het. Kommissaris Ismael Basson, polisiebevelvoerder van Omusati, sê die voorval het in die nedersetting Omatemba in die Ruacana-kiesafdeling plaasgevind. Die verdagte se identiteit is bekend aan die polisie, maar hy is nog nie in hegtenis geneem nie.