SA steeds voor in verbruikersbeskerming

Terwyl Namibië nog geen wetsontwerp het vir die beskerming van verbruikers nie het die buurland reeds oor die naweek openbare sittings gehou oor die Wetsontwerp op Behuisingsverbruikersbeskerming. Die parlementêre portefeuljekomitee oor menslike nedersettings het openbare sittings in Limpopo gehou om mense se menings oor die wetsontwerp in te win. Uitdagings wat Suid-Afrikaners ondervind sluit in huise wat op ongeskikte grond gebou is en onvoldoende inspeksie van wonings. Die komiteevoorsitter, Machwene Semenya, sê dit stel verbruikers bloot aan onbeperkte risiko: