Al hoe meer plaaslike owerhede sal op voorafbetaalde water gaan – Nehemia

NamWater gaan reeds ‘n geruime tyd gebuk onder uitstaande skuld wat plaaslike owerhede eenvoudig nie kan betaal nie. Dit situasie het vererger met die verpligte voorsiening van water wat alle plaaslike owerhede moes nakom tydens die pandemie. Die totale uitstaande skuld aan NamWater is tans op 1,4 miljard Namibiese dollar. Die watervoorsiener is dus genoodsaak om munisipaliteite en dorpsrade op voorafbetaalde water te plaas om skuldvlakke onder bedwang te bring en owerhede wat uitstaande skuld het, sal binnekort van die maatskappy hoor, soos die uitvoerende hoof, Abraham Nehemia verduidelik.