Sê hallo aan Artemis I, 50 jaar na Apollo

Die kragtigste ruimtevuurpyl wat nog die aarde verlaat het, sal vandag by die Florida-lanseringsplatform vertrek vir een van die laaste toetssendings voor die mensdom terugkeer na die maan vir die eerste keer sedert 1972. Artemis 1 het ‘n twee-uur lange vertrek venster wat ongeveer half-drie Namibiese tyd begin en geskeduleer is vanaf dieselfde Kaapse Canaveral-lanseringskompleks waar die Apollo-maansendings ‘n halfeeu gelede vertrek het. Artemis se onbemande Orion-kapsule sal om die maan wentel voordat dit terugkeer aarde toe na 42 dae. ‘n Tweede toetsvlug, Artemis II, is geskeduleer vir Mei 2024, wat ‘n bemanning van vier na die maan en terug sal vervoer, hoewel dit nie sal land nie. Die volgende maanlanding is vir 2025 beplan.