SA-staatsamptenare moet aanbod aanvaar voor begroting volgende week

Die Suid-Afrikaanse arbiedsminister, Thulas Nxesi, maan staatsamptenare om die regering se salarisaanbod te aanvaar voor die minister van finansies volgende week die mediumtermynbegroting ter tafel lê. Loononderhandelings in die openbare sektor het ná maande ‘n dooiepunt bereik. Nxesi sê die regering se totale salarisaanbod wat voordele insluit, kom neer op ‘n verhoging van tot nege-persent vir staatsamptenare: