Rishi is blykbaar ‘n gunsteling vir premier

Die voormalige minister van finansies, Rishi Sunak, is die beroepswedders se gunsteling om by Liz Truss as Britse premier oor te neem nadat sy gister bedank het. Sunak was vroeër vanjaar die naaswenner teen Truss in die Tories se leierskapswedloop. ʼn Ander moontlike kandidaat is die leier van die Laerhuis, Penny Mordaunt, wat derde was in die wedloop om die Tory-leierskap voordat sy Truss se bod gesteun het. Ander name sluit in Kemi Badenoch, minister van Internasionale Handel, en Ben Wallace, minister van Verdediging. Voornemende kandidate moet minstens 100 benoemings hê om op die stembrief te wees.