SA Speaker wys geheime stemming van die hand 

Die EFF verwelkom die besluit van die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, om die African Transformation Movement se voorstel oor ‘n geheime stemming van die hand te wys. Daar sal môre in die Parlement gestem word oor die Artikel 89-paneel se verslag oor die Phala Phala-plaasdiefstal. Die EFF-leier, Julius Malema, sê die ANC-lede wat uitgesproke was oor hul standpunt teen President Cyril Ramaphosa, moet bewys hulle is ernstig oor wat hulle gesê het.