Reisigers ontmoedig deur hoë lugtariewe, brandstofpryse 

 ‘n Studie toon Suid-Afrikaners is onseker of hulle hierdie feestyd met vakansie moet gaan. Lugtariewe en hoë brandstofpryse ontmoedig baie om te reis. ʼn Lugvaartkenner, Desmond Latham, sê hotelbesprekings is ook laer as voor die Covid-pandemie. Hy sê die geheim met goedkoper vliegkaartjies is om dit vier  tot ses maande vooruit te koop.